Video
STILBAAI NUUSFLITS EN VIDEO - Corné Schabbort en sy dogter Marianne (16) het vroeër vandag ’n noue ontkoming gehad toe hul ligte Mohawk-vliegtuig in die Goukourivier geval het.
Die ongeluk het gebeur net nadat Schabbort, wat sedert Januarie weer permanent in Stilbaai woonagtig is, van die aanloopbaan in Stilbaai-Oos opgestyg het.
Die enjin het gaan staan net nadat hulle opgestyg het en hy was só laag dat hy onder kragdrade moes duik.
Die ligte vliegtuig het net oor die R305 met die onderstel eerste in die rivier beland.
Kyk 'n video hieronder.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'