HEIDELBERG NUUS - Twee werkers, die bestuurder van 'n ligte vragmotor en sy passasier het Dinsdag 28 Junie 'n noue ontkoming gehad toe hul voertuig met 'n motor op die N2 net buite Heidelberg gebots het.
Die twee mans is met ernstige beserings na die hospitaal in Riversdal geneem.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike woordvoerder, was die vragmotor in die linkerbaan toe die vragmotorbestuurder na die regterbaan oorgeskuif en met die motor gebots het.
Die vragmotor was op pad Plettenbergbaai toe om aluminiumvensters en deurrame af te lewer.
Die bestuurder van die motor het gelukkig geen beserings opgedoen nie.
'n Klag van roekelose en nalatige bestuur word deur die plaaslike polisie ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'