HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike reddings- en nooddienste het onlangs hul vaardighede opgeskerp.
Dié keer is op waterredding gefokus.
Tydens 'n gesamentlike oefensessie van die ambulansdienste, beskermingsdienste, rampbestuur en die forensiese dienste het personeellede ywerig deelgeneem.
Die groep onder leiding van Donovan Newman, Heidelberg EMS-bestuurder, is aan alle moontlike situasies by die plaaslike swembad blootgestel terwyl hulle in hul rubberboot 'drenkelinge' uit die water probeer red het.
Volgens Newman is dit noodsaaklik om op gereelde basis hul vaardighede te oefen ten einde vir groot krisisse gereed te wees. Hulle het ook dikwels nodig om in ander dorpe of streke te help.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'