HEIDELBERG NUUS - Heidelberg is binne tien dae tot in sy fondamente geskud met die tragiese dood van nog 'n kleuter tydens 'n brand.
Die vierjarige Elmorey Manho het in 'n onbewoonde karavaan in 'n informele gebied bekend as die Donkiekamp gesterf.
Wat so tragies is van die voorval, is dat Elmorey se kleinneef, Peter "Austen" Miggels, tien dae gelede ook in 'n brand gesterf het toe hul huis in Diepkloof deur 'n vlammehel vernietig is.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike polisiewoorvoerder op die toneel, word geen misdaad vermoed nie.
LEES MEER: Brand eis 9-jarige se lewe
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'