HEIDELBERG NUUSFLITS - ’n Groot slag is weereens deur Heidelberg-polisie geslaan toe hulle beslag gelê het op dwelms ter waarde van ongeveer R500 000.
Dié keer is ’n 24-jarige vrou en ’n 32-jarige man van Mosselbaai Donderdag 5 April in Geldenhuysweg gearresteer nadat die polisie die voertuig afgetrek en deursoek het.
Daar is op ongeveer 2 000 Mandrax pille wat in die man se besit gevind is en 2.014kg Tik in die vrou se besit, beslag gelê. Beide is op die toneel gearresteer en toegesluit.
D-skof het op ‘n wenk reageer en tydens hul patrollie die voertuig opgemerk en die bestuurder versoek om af te trek. Die passasiers en hul bagasie is deursoek en is die dwelms gevind.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Lees 'n verwante artikel: Vrou met Mandrax aangekeer
ARTIKEL & FOTO: CLIVE PRETORIUS, KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'