HEIDELBERG NUUS - Net 'n raps meer as 'n jaar wat daar laas 'n fetus by die plaaslike rioolpompstasie gevind is, het munisipale werkers weer vanoggend, Maandag 3 Oktober, op 'n soortgelyke grusame vonds daar afgekom.
Op 12 Mei 2021 het Andreas Titus, 'n munisipale werker, 'n fetus ontdek terwyl hy besig was om die riool te sif.
Vanoggend, so knap vóór 09:00, het hy dieselfde taak verrig en weer op 'n fetus afgekom wat teen die siftralies vasgespoel het.
Die polisie en forensiese afdeling is onmiddellik deur die werkers gekontak en hulle was gou op die toneel nog voordat die inwoners bewus geraak het van die drama wat hom weereens by die fasiliteit afgespeel het.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'