RIVERSDAL NUUS - ‘n Man is in Riversdal gearresteer vir die besit van dwelms wat vermoedelik tik is.
Konst. Ettiene Abrahams, vergesel deur sers. Jacobus Daniels, konst. Thembelethu Manqindi en NHW Ellie Farland en Susan Tarentaal het hom op Vrydag 25 Januarie ongeveer 23:43 gearresteer.
Dit blyk dat die dwelms ‘n straatwaarde van bykans R44 000 het.
Hy het reeds sy eerste verskyning in die hof gehad.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'