WES-KAAP NUUS - Die regering het nog R25 miljoen vir droogtehulp in die Tuinroete- en Sentraal-Karoogebiede bewillig.
Volgens dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou sal die geld gebruik word om die droogte, wat op sommige plekke reeds ses jaar voortduur, ietwat te verlig.
Die hulp sal onder meer voorsiening maak vir veevoer in gebiede wat krities droog is, water en heinings, die verwydering van uitheemse plantegroei en die toepassing van bewaringsboerdery.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'