ALBERTINIA NUUS - Die oorsaak van ‘n ongeluk waar ‘n ambulans van Healthnet die pad verlaat het op die N2, ongeveer 1km buite Albertinia, rigting Mosselbaai is in die stadium onbekend.
Die voorval het vandag (18 Mei) om ongeveer 15:10 gebeur. Die twee ambulanspersoneel het twee pasiënte en ‘n baba vervoer.
Almal het ongedeerd daarvan afgekom.
Volgens sers Ciska Badenhorst van Albertinia-polisie is ‘n ongeluksdossier geopen.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'