Marie Grobler en Geraldine Visser is sedert verlede jaar Augustus met hierdie liefdestaak besig en bied eenkeer per week klasse by die plaaslike skooltjie aan. Dié klasse is egter nie net vir volwassenes nie, maar ook vir kinders en tydens Suid-Kaap FORUM se besoek was daar nie minder nie as agt wat dit bygewoon het.
"Dit gaan nie vir ons oor wie die beste vaar nie, want elke kind is vaardig op sy of haar eie gebied," verduidelik Visser, wat die kinders met raad en daad bystaan. Van die dames wat reeds teenwoordig was, het van hul voltooide werk op 'n tafel uitgestal voor hulle met ander take bedrywig geraak het. Volgens Grobler moet hulle feitlik alles met die hand werk, omdat daar nie naaimasjiene beskikbaar is nie.
"Deesdae maak hulle ook ander items, soos drasakke en kussings. "Ek het vir hulle die kussinkies gemaak, maar die res moes hulself doen. Dit neem letterlik ure om 'n klein item klaar te kry," sê Grobler. Hierdie items kan hulle dan verkoop om 'n paar rand in hul huishouding te bring. Die twee dames vra geen fooi vir hul dienste nie en alles wat gebruik word, verskaf hulself of kry hul skenkings van naburige dorpe. "Ons waardeer enige skenking wat ons kan kry, maar ons hoop tog daar is iemand daar buite wat ons nood vir 'n naaimasjien (of twee) sal raaksien," vra hulle.
*Belangstellendes kan vir Grobler by 082 487 3817 skakel.
*IN SHORT
Two local women have been giving quilting lessons to the women of Vermaaklikheid. The lessons are given free of charge and material used are sourced from donations. Handmade items are sold. Currently the group is in need of a sewing machine to make the quilting work a bit easier. If you are interested to help please contact Marie Grobler on 082 487 3817.
Marie Grobler staan by sommige van die items wat die dames al gemaak het of nog besig mee is, soos die half voltooide kwilt wat sy vashou.