Gallery Update Video
HESSEQUA NUUS & VIDEO - Die veldbrand by Dekriet is buite beheer weerskante van die N2.
Verkeer word met stop/ry punt beheer.
Volgens Albertinia-polisie is elektriese kabels deur brand beskadig.
Albertinia, Riversdal, Gouritsmond, Stilbaai en Jongensfontein ondervind tans 'n kragonderbreking as gevolg van die veldbrand langs die N2.
Volgens Sakkie Rust van Hessequa-munisipaliteit weet Eskom nog nie wat die presiese omvang van die skade is of hoe lank die onderbreking sal duur nie.
Kyk 'n video hieronder:
Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'