HESSEQUA NUUS - Daar is vanjaar weer heelwat musiek by die fees. Die produksie Romantique bied álles wat musiekliefhebbers van ernstiger musiek begeer.
Dié konsert het gefokus op die romantiese tydperk in musiek, begeester deur dramatiese en emosionele kwaliteite, asook die natuur, literatuur en selfs die bonatuurlike.
Chopin se klavierkonsert No1 in C-mineur is op twee vleuelklaviere uitgevoer deur Gerhard Joubert en Elna van der Merwe.
Feesgangers kan nog uitsien na onder meer die Charl du Plessis-trio, Amanda Strydom en die ATKV-galakonsert. Die fees duur tot 23 September.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’