HESSEQUA NUUS - Die gemeenskap van Stilbaai, Jongensfontein en Melkhoutfontein het op Vrydag 21 Desember groot feesgevier.
'n Bloedrooi brandweerwa wat die drie dorpe sal bedien is 'n eerste vir dié gebied.
Voorheen moes brandbestryders van ander dorpe deur ry, maar nou het die gemeenskappe hul eie brandweerwa.
Die brandweerwa is 4x4 aangedrewe en ten volle toegerus. Dit is deur die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles, bekendgestel.
Dit het meer as R2 miljoen gekos en spog met die nodige tegnologie en toerusting om brande in die omgewing te bestry.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'