STILBAAI NUUS - Badisa Stilbaai is hard aan die werk om kospakkies vir mense in nood bymekaar te sit.
Volgens Cornelia Giliomee werk hulle saam met plaaslike gemeentes om te bepaal waar die grootste behoeftes is.
Enigiemand wat wil bydra kan nie-bederfbare voorraad soos lensies, mieliemeel, sousbone, hawermout, sopmengsel, ekstrakblokkies, gis, kookolie, soja, pasta, samp & boontjies, sout, koekmeel, blikkies vis en soppoeier in die aangeduide waentjies in OK Grocer en die Spar laat.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'