HESSEQUA NUUSFLITS - Die plaaslike munisipaliteit het weereens ‘n skoon ouditverslag vanaf die ouditeur-generaal ontvang vir die 2016/2017 finansiële jaar.
Dit is die vierde agtereenvolgende jaar waarin die munisipaliteit hierdie prestasie behaal.
Die ouditeur fokus op drie aspekte tydens hul ondersoek: Finansiële bestuur, prestasiebestuur en inligtingstegnologie.
‘n Skoon ouditverslag beteken dat die ouditeur-generaal tevrede is en dat alle wette en regulasies wat daargestel is, nagekom word.
Dit is die hoogste toekenning wat ‘n munisipaliteit van die ouditeur-generaal kan ontvang.
Munisipale bestuurder Johan Jacobs het gesê dat die munisipaliteit nie net op koers bly nie, maar dat goeie leierskap en bestuur getoon word.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'