Update
HESSEQUA NUUS - Munisipale geboue en geriewe is tot verdere kennisgewing gesluit.
Uitvoerende burgemeester Grant Riddles, het Maandag 23 Maart in ’n verklaring gesê maatreëls word getref om seker te maak daar word aan die regering se vereistes om die verspreiding van die virussiekte hok te slaan, voldoen.
“Hessequa-munisipaliteit is gerig op dienslewering en die welstand van die gemeenskap en personeel. ’n Covid 19-komitee is in die lewe geroep om risiko’s van besmetting te beperk.” Basiese dienste gaan voort.
Die volgende munisipale geriewe sal tot verdere kennisgewing gesluit wees
- Burgersentrum en gemeenskapsale - gelde wat reeds vir die huur van die geboue betaal is, sal terugbetaal word sonder dat ’n administratiewe fooi afgetrek word;
- Kampeerplekke en chalets - gelde sal terugbetaal word, of besprekings kan tot ’n later datum uitgestel word;
- Museums;
- Sportterreine;
- Swembaddens;
- Biblioteke - boeke kan deur die gleuf in die voordeur terugbesorg word;
- Strande;
- Braai- en piekniekplekke langs die strande en in parke.
Die gemeenskap word ook versoek om besoeke aan die munisipale kantore te beperk en eerder telefonies of per e-pos met personeel in kontak te kom by 028 713 8000 of info@hessequa.gov.za. Gebruik aanlyn-dienste waar dit beskikbaar is.
Gemeenskapslede word dringend versoek om nie fopnuus te versprei nie.
Amptelike inligting oor Covid-19 is beskikbaar by:
- Nasionale noodnommer: 0800 02 99 99
- Provinsiale noodnommer: 021 928 4102
- WhatsApp: 060 012 3456
- Wes-Kaap regering se webtuiste: www.westerncape.gov.za/coronavirus
Vorige artikel: Munisipaliteit sluit geboue en geriewe
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'