Warning: Graphic content
HESSEQUA NUUS - Die jongman wat op die motorfiets was toe dit deur ‘n voertuig getref was verlede Donderdag, 24 Maart is wel erg beseer.
Volgens inligting op die toneel was hy na die plaaslike dokter geneem wat nie ver van die toneel is nie, waar hy vir ligte besering en skok behandel was.
Sy ma, Roelien Ackerman het egter vir Suid-Kaap Forum gekontak en genoem dat haar seun, Christian (19) se beserings baie ernstiger was as wat gemeld is en dat hy drie dae in die Life Bayview-privaathospitaal moes deurbring.
“Hy het ‘n gebreekte pols opgedoen en moes daarvoor geopereer word, sy regtervoet het erg seergekry en moet hy van ‘n rolstoel gebruik maak en hy het boonop gesigbeserings opgedoen,” het sy gesê.Die beseerde Christian Ackerman in die hospitaal. Hy moes ook verskeie x-strale en skanderings ondergaan
Lees vorige artikel: Vrou in hegtenis na ongeluk
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'