HEIDELBERG NUUS - ‘n 34-jarige vrou van Heidelberg is Donderdagmiddag, 24 Maart in hegtenis geneem nadat sy met haar voertuig teen 'n motorfiets gebots het.
Die voorval het ongeveer 17:30 op die hoek van Pentz- en Fouriestrate gebeur.
Die motorfietsbestuurder is na die plaaslike dokter, nie ver van die toneel nie gehaas waar hy vir ligte beserings en skok behandel is ‘n Saak van bestuur terwyl onder die invloed van sterk drank is gemaak.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'