- Sorg dat jou fiets in 'n goeie en padwaardige toestand is.
- Jou fiets moet 'n fietsklokkie hê.
- Wanneer jy in die skemer of donker ry, moet jou fiets 'n helder lig hê.
- Dra altyd 'n valhelm. Dit beskerm jou kop (en brein) wanneer jy val of in 'n ongeluk betrokke is en kan so jou lewe red.
- Ry sover dit moontlik is uitsluitlik op fietspaaie.
- Beplan jou fietsroete en kies die veiligste roete en nie noodwendig die kortste een nie.
- Moet nooit langs iemand ry nie, maar ry agter mekaar.
- Gee duidelike en korrekte handtekens wanneer jy gaan draai.
- Moet nooit fietstoertjies uithaal wanneer daar verkeer op die pad is nie.