STILBAAI NUUS - Dr. Deon Begeman, voorsitter van Stilbaai Bewaringstrust, het Vrydag 1 September ‘n monument met Steentjie se storie ingewy. Steentjie is in die see voor die visvywers langs Stilbaai-hawe.
Dit is ter nagedagtenis aan die 9-jarige Garetha, of dan Sussie, wat die oggend van 8 Januarie 1955 daar in kniediep water verdrink het.
‘n Buurman het die brugbouers gevra om die steentjie op te rig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’