RIVERSDAL NUUS - Molenrivier Primêr het op Vrydag 3 November 'n onvergeetlike debutantefunksie met die tema Cowboy in die Riversdal-burgersentrum gehou.
Die leerders het pragtig in hul tema-uitrustings gelyk. Die drie spreekkore, wat tydens die onlangse eisteddfod opgetree het, het ook die gaste vermaak.
Deur die loop van die aand het daar verskeie gelukstrekkings plaasgevind en het dit vir groot opgewondenheid gesorg. Op die maat van die vrolike musiek het menige hul passies op die dansbaan uitgevoer.
Die skoolhoof, Cynrol Saayman, het die donateurs en ouers bedank vir hul bydrae om van die geleentheid 'n reusesukses te maak.
Die bes geklede Cowboys: by Molenrivier Primêr se tema-aand saam met hul ouers.
Dié groep debutante is uit Molenrivier se intermediëre fase.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’