HESSEQUA NUUS - Straatsmouse moet volgens difinitiewe riglyne wat deur Hessequa-munisipaliteit neergelê is, optree en die publiek moet hulself daarvan vergewis.
Dit is volgens die hoof-koördineerder van buurtwagte in Stilbaai, Melkhoutfontein en Jongensfontein, Pieter Lategan.
“Die munisipale verordeninge maak nie voorsiening vir enige straatsmouse nie, hetsy rondreisend of te voet. Toegewings kan wel gemaak word om ’n tydelike rondreisende permit te bekom, mits skriftelik aansoek by die direkteur, gemeenskapsdienste gedoen en die aansoek goedgekeur is.”
Indien iemand ’n smous sonder permit, of ’n persoon wat die reëls van die permit oortree teëkom, moet dit aan Hessequa-wetstoepassing by 028 713 7917, of by die polisiekantoor en buurtwagte van die betrokke dorp gerapporteer word.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'