HESSEQUA NUUS - Hoewel die damvlakke in die Hessequa-streek nie alarmklokkies laat lui nie, is dit tog belangrik om water spaarsamig te gebruik.
Ten spyte van 6 mm reën in die Korentepoortdam in Riversdal se opvanggebied, het die vlak tog effe gedaal.
En vir die eerste keer in ‘n lang tyd is die Jongensfonteindam nie 100% vol nie, maar het met 5% gedaal.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'