ALBERTINIA NUUS - Die volgende feite rondom misdaadvoorkoming is van Albertinia-polisie ontvang.
1. Wees bewus van jou omgewing;
2. Let op by stegies, verlate wonings, stopstrate en verkeersligte;
3. Probeer om donker plekke te vermy, beweeg in areas waar dit goed belig is en jy rondom jou kan sien;
4. Moenie vreemdelinge in jou woning toelaat nie;
5. Ken jou bure en weet waar jou naaste polisiestasie geleë is;
6. Ken die noodnommers uit jou kop uit of stoor dit op jou selfoon;
7. Maak seker jou woning is gesluit en alle venters toe wanneer jy gaan slaap;
8. Moenie alleen 'n sosiale geleentheid verlaat of saam met iemand wat jy nie ken nie;
9. Mans, vroue, dogters en seuns kan verkrag word;
10. Ouers wees asseblief beraad met jou kinders;
11. Weet ten alle tye waar en saam met wie jou kinders is; en
12. Sorg altyd dat daar toesig is oor die kinders is, - ons kinders is ons toekoms.
Vir enige gevalle wat plaasgevind het kan die plaaslike polisie gekontak word by 028 735 8040 of die noodnommer 10111.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'