Die doel van die besoek was om hom op 'n toer deur die dorp te neem om 'n paar sake wat reeds geruime tyd sloer onder sy aandag te bring.
Buiten Bredell was verteenwoordigers van Omgewingsake, CapeNature, Hessequa se uitvoerende burgemeester rdl Emor Nel, munisipale bestuurder Johan Jacobs en dr rdl Joan Prins (Wyk 3) ook teenwoordig.
Die omdraaipunte aan die oost-e en westekant van die dorp is besoek waar erosie tans in 'n erge graad voorkom.
Naas Palmer, voorsitter van die JIV, het verduidelik dat inwoners hul kommer hieroor uitgespreek het aangesien die gebiede wat vir jare deur vissermanne en inwoners besoek word, kan verdwyn.
"Die minister het genoem dat hy 'n ingenieur sal taak om 'n moontlike oplossing te vind."
Die getypoel ondervind ook erosie veral tydens rowwe seetoestande.
Lees Donderdag meer in die Suid-Kaap FORUM, en aanlyn.
Klik hier vir 'n fotogalery.
Die afvaardiging tydens die besoek is van agter links: dr Ernst Baard, Jean du Plessis (beide CapeNature), Shagon Carelse (Hessesqua omgewingsake), André Roux (Omgewingsake, Eden Distrikmunisipaliteit), minister Anton Bredell, Johan Jacobs (munisipale bestuurder) en Danie Swanepoel (Jongensfontein Inwonersvereniging). Voor van links: dr rdl Joan Prins. Rhett Hisemann (CapeNature), Naas Palmer (JIV) en die uitvoerende burgemeester, rdl Emor Nel. Foto: Louise Mouton.
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'