Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Die Militêre Akademie, Krygskunde Fakulteit van Universiteit Stellenbosch, het Stilbaai aangedoen op die vyfde skof van nege.
Hulle het in Gqeberga begin en eindig Saterdag in Saldanhabaai. Op die roete is daar 'n span met rubberbote, nog' n span wat draf en ook 'n span wat fietsry.
As deel van hulle gemeenskapprojekte sal hulle in Riversdal Rebecca se sopkombuis opgradeer, iets wat hulle oral op hulle roete doen.
Raadslid Thinus van den Berg, Onder-Burgermeester van Hessequa Munisipaliteit het hulle op 'n vroegoggend parade bedank vir wat hulle in die gemeenskap doen.
VIDEO - Johan Victor:
Foto's: Johan Victor
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’