MELKHOUTFONTEIN NUUS - ‘n Vergadering Dinsdag 23 Augustus deur Stilbaai se gemeenskapspolisieringsforum (GPF) wat daarop gemik was om die idee van 'n buurtwagstelsel in Melkhoutfontein te laat posvat, het byna in chaos ontaard.
Nadat die voorsitter, Alison Bryant gesels het oor projekte waarmee die GPF, in samewerking met Stilbaai-polisie besig is, het die stasiebevelvoerder, kapt. Johan van Tonder 'n voorlegging oor misdaad en die bekamping daarvan gedoen.
Gemoedere het egter begin hoog loop toe rdl. Rennee Davids, wat as voorsitter van die vergadering gedien het, die vloer vir vrae geopen het.
Die algemene gevoel was dat die gemeenskap bekommerd oor die misdaad in Melkhoutfontein is en dat die polisie nie genoeg doen nie.
Pastoor Jonathan Kleynhans het probeer om mense te kalmeer.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'