STILBAAI NUUS - Aan die Weskus veral sê vissermanne 'die snoek het geloop'. Hoewel dit nie letterlik die geval op Melkhoutfontein se sportgronde was nie, kon feesgangers darem heerlik aan gebraaide snoeke smul.
Dit was natuurlik met die Snoek- en Patatfees wat Saterdag, 23 April plaasgevind het.
Die geleentheid was 'n gesamentlike poging van Stilbaai-polisie, die plaaslike gemeenskapspolisieforum (GPF) en die Faith Community Church.
Die kosstalletjies se tafels het onder die soetkoekies en talle ander lekkernye gekreun. Daar was ook vrugte en groente om van te kies en te keur en die vure het hoog gebrand om die snoeke te braai.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'