MELKHOUTFONTEIN NUUS - Melkhoutfontein se inwonersvereniging en buurtwag het ‘n gemeenskapsvergadering op Donderdag 17 Augustus belê en meer as 200 inwoners het die Melkhoutfontein-gemeenskapsaal volgepak.
Die doel van die vergadering was om terugvoer te gee na aanleiding van die gewapende roof by die Rehoboth Mini Mark en die daaropvolgende konfrontasie tussen inwoners en bewoners van die munisipaliteit se noodbehuising.
Daar is ‘n vergadering met die Stilbaai-polisie en die burgemeester gehou rakende die gemeenskap se ontevredenheid.
Tydens die gemeenskapsvergadering het die gemoedere hoog geloop en dit is duidelik dat die gemeenskap baie seer en kwaad is.
Punte wat geopper is sal nou in ‘n memorandum aan die SAPD en Hessequa-munisipaliteit oorhandig word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’