RIVERSDAL NUUS - Die Bulle het onlangs hul voorkeure vir die skoner geslag ten toon gestel en is Mej. Oakdale 2018 gedurende die Oakdale Valentynsbal gekroon.
Sy sal die skool tydens die 2018-interskole, wat vanjaar in die Paarl sal plaasvind, verteenwoordig.
Die Valentynsbal is 'n gewilde aktiwiteit op die skool se sosiale kalender.
Hier kan die Oakdalers aan die skoner geslag demonstreer wat 'n ware heer is.
Oakdale bied aan leerders die geleentheid om sosiale vaardighede aan te leer en uit te leef.
Oakdale-ouers is bereid om, van sover as Kaapstad, pragtige jong dametjies te bring om die Oakdalers vir hierdie bal te vergesel.
Esmarie Nel van Langenhoven Gimnasium is as Mej. Oakdale 2018 gekroon.
Haar eerste prinses is Marilie Putter en die tweede prinses is Ané Swart, albei van Hoërskool Outeniqua.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'