Die oorhandiging van hul verskeie eksamendokumente is deur hul ouers, familie en vriende bygewoon.
Die matrikulante wat almal jolig voorgekom het, is deur hul prinsipaal, Vivian Prins toegespreek en aangemoedig om alles vir dié belangrike eksamen in te sit. "Jy bepaal jou toekoms," het hy hulle passievol ingelig. Adv Mark Nicholls, voorsitter van die beheerliggaam, het hulle aangemoedig om hulle alles te gee in die eksamens. "Wat jy insit, sal jy uitkry. Harde werk is belonend aan die einde."
Ondanks die groot vreugde tydens die oorhandiging van hul dokumente, was daar ook oomblikke van heimwee en is daar spontaan trane gestort soos die oomblik van vaarwel sê aan hul onderwysers en ander personeellede aangebreek het om 'n vyf-jaar termyn te beëindig.
Verskeie ander ouers en mede-leerders het ook die matrikulante kortliks toegespreek en bemoedig om net hul beste te gee en opofferings te maak om sukses te behaal. (Clive Pretorius, korrespondent).
Klik hier vir 'n fotogalery.

ARTIKEL EN FOTO: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'