RIVERSDAL NUUS - Warm sop hier en ietsie soet daar het harte bly gemaak toe Madiba se gesindheid van omgee in die dorp uitgeleef is op Mandeladag.
Leerlinge van Voorwaarts Primêr het heerlike warm boontjiesop aan pasiënte by die munisipale kliniek uitgedeel, terwyl dames van KANSA binne die kliniek koekies vir die soettande verskaf het.
Die Klipdrifthoogte-dominoklub, onder aanvoering van Vaatjie Adams en sy vrou, Sheila, het kleingoed van Die Speelgoedkis en Vrolike Vlinders, asook 'n klompie senior burgers met 'n koppie sop en 'n broodjie bederf.
Warm sop en 'n broodjie maak die kinders van Die Speelgoedkis en Vrolike Vlinders se hartjies bly. Foto: Deona Aucamp
Van links is Tine-Mari Muir, suster Sharlene Muller, Lilian Burke (KANSA), Melinda van der Walt en suster Jane-Ee Hendricks by die Riversdal-kliniek. Foto: Deona Aucamp
Vernon Evertse (links) en leerders van Voorwaarts Primêr deel sop by die Riversdal-kliniek uit. Foto: Deona Aucamp
Van links: Roland Michaels, Hayley Haai, Kaylene Trantaal en Grayton Hendricks van Voorwaarts Primêr. Foto: Deona Aucamp
Van links: Katrina September, Sheila Adams en Vaatjie Adams van die Klipdrifthoogte-dominoklub. Foto: Deona Aucamp
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'