SLANGRIVIER NUUS - 'n 34-jarige man van Slangrivier het Dinsdag 9 Mei in die hof op 'n aanklag van gesinsgeweld verskyn. Hy het na bewering sy vrou op Goeie Vrydagaand, 7 April, aangerand.
Die aangeklaagde, ‘n ambulanspraktisyn, is sedert die aanranding in aanhouding by Buffeljagsrivier-gevangenis.
Hy is borgtog geweier en bly in aanhouding tot sy volgende verskyning op Dinsdag 16 Mei.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’