Video
STILBAAI NUUS & VIDEO - ‘n Man is Dinsdagnag, 3 November dood na drie onbekende mans om ongeveer 00:15 by sy huis in Melkboomstraat, Stilbaai ingebreek en hom in die kamer aangerand het.
Volgens Morné D’Emiljo, bevelvoerder: sigbare polisiëring en Stilbaai-polisie se kommunikasiebeampte is sy vrou deur die verdagtes vasgebind.
“Hulle het met ‘n wit Chevrolet LDV met registrasienommer CCC16147 gevlug. Die bakkie is opgespoor waar dit verlate buite die Stilbaai polisiëringsgebied gestaan het,” het D’Emiljo gesê.
Enigiemand wat oor inligting beskik wat tot hul inhegtenisneming kan lei, word gevra om die ondersoekbeampte, sers Schnetler (079 894 1593) of adjudant-offisier Grebe (082 469 6752) te kontak.
Kyk 'n video hieronder.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'