HEIDELBERG NUUS - ‘n Man van Heidelberg het Sondagmiddag, 5 September al sy besittings verloor toe ‘n brand sy woonplek binne minute verswelg het.
Marial Davids (42), wat alleen in ‘n hout- en sinkhuisie agter ‘n woonhuis gebly het, was uitstedig toe die brand ontstaan het.
Die vlamme is egter gelukkig geblus voor dit die hoofhuis of naburige huise bereik het.
Bure het met emmers water die vlamme in toom gehou totdat die brandweer op die toneel aangekom het.
James Gelderbloem, wyksraadslid en familielid van Davids wat ook op die toneel was, het gesê dit is onbekend wat die brand veroorsaak het.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'