SWELLENDAM NUUS - ’n Man van Buffeljagsrivier sowat 15 km vanaf Swellendam is in hegtenis geneem op ’n aanklag van moord.
Die man het na bewering sy dogtertjie van 16 maande oud met ’n skerp voorwerp gesteek.
Volgens die polisie het die voorval na ’n rusie met die kind se ma plaasgevind.
Die ma (24) is tydens die voorval lig beseer.
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa nuus'