SLANGRIVIER NUUS - 'n Man van Slangrivier is Saterdag 25 Maart in die vroeë oggendure dood toe hy met 'n onbekende voorwerp aangerand is.
Die oorledene, Jonathan (Petolie) Patel (54), was glo vanaf familielede op pad huis toe toe hy deur 'n jongman met ‘n skerp voorwerp in sy bors gesteek is.
Volgens sers. Hendricks, plaaslike polisiewoordvoerder, is 'n 29-jarige man Sondagmiddag in hegtenis geneem en sou op Dinsdag 27 Maart op aanklag van moord in die plaaslike landdroshof verskyn het.
Benewens sy vrou laat Patel sy dogter, seun en drie kleinkinders agter.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’