HEIDELBERG NUUS - ‘n Man is vanoggend omstreeks 01:50 in ‘n tref-en-trap ongeluk op Heidelberg dood.
Volgens Kenny Africa, Wes-Kaap verkeershoof is geen inligting rondom die voertuig of bestuurder daarvan sover bekend nie.
Die tragedie het op die oop veld oorkant die rugbystadion na die dorp se jaarlikse Sportdag gebeur.
Die slagoffer se identiteit is nog onbekend.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'