STILBAAI NUUS - ’n 47-jarige voetganger is Vrydagmiddag 30 Augustus noodlottig op die Stilbaai-brug beseer.
Volgens ao. Morné d’Emiljo van die plaaslike polisie word ’n saak van strafbare manslag ondersoek nadat Victor Khati ongeveer 16:34 onder ’n vragmotor beland het.
Khati was ’n bekende hawelose persoon in die dorp.
Enigiemand met inligting oor sy naasbestaandes kan konst. Erasmus van die plaaslike speurtak by 028 754 6100 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'