RIVERSDAL NUUS - 'n 26-jarige man is Maandagoggend om 10:30 gearresteer vir die handeldryf in tik ná die polisie 'n dwelmoperasie in sektor Managers in Nkanini, Kwanokuthula, uitgevoer het.
Die verdagte is betrap met 72 sakkies tik in sy besit met 'n straatwaarde van R2 160 en sal op Woensdag 26 Oktober in die plaaslike landdroshof in Riversdal verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'