Update
HEIDELBERG NUUS - 'n Drie-en-dertigjarige man van Diepkloof, Heidelberg is Dinsdag, 20 Oktober om ongeveer 14:00 verskeie keer met 'n mes gesteek.
Die omstandighede wat aanleiding daartoe gegee het, is nog nie bekend nie.
Die slagoffer, Jordan-Lee Philander is op die toneel deur ambulanspersoneel behandel voor hy na Riversdal-hospitaal vervoer is.
Dit is nie seker hoe ernstig hy gewond is nie.
Suid-Kaap Forum se korrespondent op Heidelberg, Clive Pretorius berig dat die polisie op die toneel was, maar geen arrestasies is tot dusver gedoen nie.
Vorige artikel: Man ernstig met mes aangerand
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'