HEIDELBERG NUUS - ‘n 33-Jarige man van Diepkloof, Heidelberg is vroeër vandag (Dinsdag, 20 Oktober) om ongeveer 14:00 verskeie messteke deur ‘n jong man, wie se identiteit nie bekend is nie, toegedien.
Die slagoffer, Jordan-Lee Philander is op die toneel deur ambulanspersoneel behandel voor hy na Riversdal-hospitaal vervoer is.
Die polisie was op die toneel, maar geen arrestasies is tot dusver gedoen nie.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'