Update
ALBERTINIA NUUS - Die bestuurder van 'n motor wat 00:18 op Saterdag 1 Februarie in 'n botsing met 'n bus op die N2 by Albertinia betrokke was, is steeds in 'n ernstige toestand in die hospitaal.
Bafana Major Ndanda (37) is met veelvuldige beserings in 'n hospitaal op Mosselbaai opgeneem, maar hy is intussen na George-hospitaal oorgeplaas.
Ndanda was alleen in 'n silwerkleurige VW Golf in die rigting van Riversdal onderweg toe die voertuig reg van voor teen 'n InterCape-bus gebots het.
"Die motor het in die verkeerde baan op die bus afgepyl en albei bestuurders het beheer oor die voertuie verloor," het polisiewoordvoerder sers. Ciska Badenhorst gesê. Hy moes uit die motorwrak gesny word.
InterCape het die ongeluk bevestig en gesê twee van die 81 passasiers aan boord is lig beseer. Die vier personeellede is ook ongedeerd.
Lees 'n vorige artikel: Voertuig en bus in botsing
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'