RIVERSDAL NUUS - 'n 33-jarige man is gisteraand, Saterdag 22 Januarie ongeveer 23:15 dood na hy met 'n skerp voorwerp in die bors gesteek is.
Volgens sers Christiaan Jansen, Riversdal-polisie kommunikasiebeampte het die voorval in Nkanini, Kwanokuthula buite Riversdal plaasgevind.
'n Verdagte is 'n paar ure later in hegtenis geneem en sal Maandag in die hof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'