Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van ‘n vragmotor wat goedere koerier, is beseer nadat die regter agterwiel uitgeval en dit gerol het.
Die ongeluk het Donderdag 14 Junie op die N2, kort voor die afdraai na die R305 Stilbaai-pad gebeur.
Die bestuurder was vanaf Port-Elizabeth na Kaapstad onderweg.
Volgens inligting op die toneel het hy in die kajuit vasgesit en moes bevry word. Hy is per ambulans na Riversdal-hospitaal vervoer. Die aard van sy beserings is onbekend.
Met Suid-Kaap Forum se aankoms op die toneel, was ‘n insleepdiens van George reeds besig om voorbereidings te tref om die vragmotor, wat ernstige skade opgedoen het, weg te sleep.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'