Die Sakekamer het reeds aan die einde van 2014 persone wat in 1955 gebore is, genooi om kontak te maak. Inwoners wat in dié jaar gebore is, het met die idee vorendag gekom.
'n Byeekoms om 'n reëlingskomitee hiervoor saam te stel vind op Dinsdag, 3 Febraurie om 18:00 plaas by die Stilbaai Rolbalklubsaal.
Almal wat belangstel om betrokke te raak, is welkom om dit by te woon. Dries de Beer van die Sakekamer noem dat dit ook nie slegs vir persone is wat in 1955 gebore is nie, maar almal is welkom om insette te lewer.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'