Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die onlangse Makadasmarkfees op Riversdal se dorpsplein het gemengde reaksie uitgelok.
Suid-Kaap Forum het onder die enjin ingeklim om vas te stel of dié trein wel koers het.
“As eerste poging om die gebeurlikheidsmark te betree en ‘n volhoubare jaarlikse mark te stig, het die Makadasmark gemengde welslae bereik,” het Didi Budricks, munisipale kommunikasiebeampte gesê.
Die organiseerder, Gys Hough het aan die koerant gesê hy moes vanjaar met uitsonderlike uitdagings binne die raamwerk van nasionale en munisipale riglyne stoei.
“Ons doelwit is om die Makakasmarkfees aanstaande jaar aansienlik uit te brei; mark in die dag en fees in die aand!”
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'