Gallery
RIVERSDAL NUUS - Die ou stoomlokomotief wat op die plein in Riversdal staan, die Makadas, is letterlik as kas en skuilplek vir kriminele gebruik.
Die plaaslike polisie en gemeenskapspolisiëringsforum het dit as ’n veiligheidsrisiko geïdentifiseer.
Klere, komberse en vingerafdrukke van kriminele is binne die lokomotief gevind.
Alle toegangsplekke is nou toegemaak. Dit gaan selfs ’n nuwe laag verf kry.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'