SUID-KAAP NUUS - ’n Volle maansverduistering sal Vrydagaand 27 Julie gesien kan word.
Die keer is ons gelukkig, want bykans die hele Afrika sal die verduistering kan sien.
Die Maan sal teen 19:15 in die Aarde se halfskaduwee begin inbeweeg en net effens van kleur begin verander.
Teen 20:30 sal die Aarde se skaduwee begin om van die Oostekant oor die Maan in te beweeg en teen 21:30 sal die totale verduistering sigbaar wees en vir ongeveer twee ure aanhou,voor die sonlig weer aan die oostekant van die Maan sal begin sigbaar word.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'