HESSEQUA NUUS - Inwoners van Hessequa wie se munisipale rekeninge tans agterstallig is, het net tot 31 Augustus om ‘n rentevrye afbetalingsooreenkoms met Hessequa-munisipaliteit te sluit.
Luidens ‘n mediaverklaring van die munisipaliteit sal sodanige ooreenkoms tot 12 maande beperk wees.
Nuwe munisipale tariewe het op 1 Julie in werking getree.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'